COLYN Bastiaan
Bastiaan COLYN word "n burger in 1691. Hy was ook bekend as Bastiaan Jansz van "s Gravenzande (Schoeman, p 652). Die moeder van sy kinders is Maria EVERTS, sy was die dogter van Evert van Guinea en Anna van Guinea (kyk ook onder hulle name).
"n Ander vryswart vrou het "n verklaring gemaak in 1689, dat "Maria Everts met Bastiaan van s"Gravensan saam woon, geëet en saam in die tuin gewerk het sonder dat dit aan haar bekend is dat hulle "saam op een kooi slaap alhoewel hulle in "n afdak woon waar maar net een kooi staan."
KINDERS
b1 Agnitie X 21 Aug 1707 Jan Jansz van der Heyden
b2 Johannes X 1 Mei 1718 Elsabe van Hoff, (dogter van Lambert Lourens van Hoff en Margaretha Janse van de Kaap) weduwee van JJ Kotze
b3 Johanna gedoop 9 Apr 1694
b4 Maria gedoop 27 Mei 1696, X 12 Des 1723 Johannes Heyns
b5 Evert gedoop 3 Okt 1700
Maria koop in 1698 die 14 jarige slaaf Martha van Bengale vir 60 rds. In 1699 koop Maria die 18 jarige Coridon van Madagaskar, en op Maria se versoek word die naam verander na Cupido.
Sy ontvang 60 morgen te Kampsbaai.
Maria Everts was ook die moeder van Jacobus Willems ten Damme en Cornelis Everdina Kraak.
Die engelsman Samuel Briercliffe gee die volgende beskrywing van haar, "She is a tall woman, very black, having sparkling eyes which, though frightful in her, yet would be very killing in an English face, but she is a very good hostess, and provides for us splendidly and neatly withal".
Maria Everts is oorlede c 1724.
Bronne:
CG de Wet, Vryliede, p 176
Heese en Lombard
JL Hattingh "Beleid en Praktyk: Die Doop van Slawekinders en die sluit van Gemengde Verhoudings aan die Kaap voor 1720" Kronos vol 5, 1982
Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap: Die Wêreld van "n slavin 1652-1733, p 652, 653, 654
Saamgestel deur:
AM van Rensburg
- Hits: 18644