FAURE Antoine Alexandre
Antoine Alexandre FAURE, gebore te Oranje, Frankryk in 1685, het as Franse Hugenoot in 1714 na die Kaap gekom in diens van die Kompanjie op die skip Kockinge. Hy was die seun van Pierre Faure en Justina Pointy wat na Holland gevlug het. In 1719 is hy aangestel as voorleser op Stellenbosch waar hy gevestig was. In 1714 is hy getroud met Rachel de VILLIERS, d/v Abraham en Suzanne Gardiol. Hy is oorlede in 1736 en het 5 seuns en 2 dogters nagelaat:
1. Abraham * 17 Aug 1717 + 1792 x 29 Aug 1756 Anna Maria Wium 
 2. Jan Pieter * 28 Sep 1719 + Batavia 1744 
 3. Christianus ~ 1 Okt 1724 ongetroud + 1755 
 4. Susanna Justina * 11 Mei 1722 ongetroud + 1755 
 5. Jacob ~ 27 Apr 1727 + 1744 
 6. Johannes Christoffel ~ 26 Des 1729 jonk oorlede 
 7. Maria ~ 1 Feb 1733, + 1735 
Verwysings: 
 De Villiers/Pama 
 Heese/Lombard 
 Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek 
 Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek 
 
Saamgestel deur: 
 Martina Louw (nee van Breda) 
 Kennethl@xtra.co.nz 
- Hits: 12311
