GILIOMEE Francois
 Francois GUILLIAUME het in 1726 van Languedoc via Berlyn as Franse Hugenoot na die Kaap gekom om toesig te hou oor die sywurmtelery op die skip Berbice. Saam met hom was sy vrou en 4 kinders. Hy was getroud sedert 1710 met Claudine CLOY en het in 1735 vryburger geword. Hulle het lede geword van die Hollandse Kerk in Kaapstad op 25/11/1726. Hy het een seun en 3 dogters nagelaat, almal in Berlyn gebore: 
1. Matthieu (Matthias) Guilliaume * 1711 boer op Vlottenburg, Stellenbosch sedert 1742 x Drakenstein 1/6/1738 Susanna Radyn xx 1785 Engela Margaretha Bruyns, weduwee van Heinrich Schwartz. 
 2. Jeanne (Johanna) * 1715 x Jan Engelbrecht xx Jacobus Louw 
 3. Marie (Maria) * 1717 x Louis Jourdan xx 19/8/1764 Casper Schalcker van Switserland 
 4. Anne (Anna) * 1719 x Johan de Witt 
Verwysings: 
 De Villiers/Pama 
 Heese/Lombard 
 Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek 
 Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek 
 
Saamgestel deur: 
 Martina Louw (nee van Breda) 
 Kennethl@xtra.co.nz 
- Hits: 12088
