MENSING Willem
Willem MENSING het in 1696 met Johanna Maria TAS, suster van Adam Tas getrou. Willem Menssink en Johanna Maria Tas het net een dogter gehad:
Margarieta Maria gedoop 15 Februarie 1699.
Wanneer Johanna Maria oorlede is, is onbekend. Willem hertrou 16 Oktober 1701 met Elizabeth LINGENBACH, dogter van die 'surgeon' David Lingenbach en Elizabeth Glazerus.
Willem Mensing het 'n seksueele verhouding met die slaaf Tryntje van Madagascar gehad 1711 - 1712. Haar einaares het probeer om die twee apart te hou, sy het vir Tryntje in haar(die einares se) slaapkamer laat slaap. Dan het sy ook ander male vir Tryntje snags bo in die solder vas gebind om die twee apart te hou. Maar Willem en Tryntje het nogtans 'n kind gehad.
Willem en Elizabeth is 21 Junie 1714 geskei. (Geen kinders is uit hierdie huwelik gebore nie.) Margarieta Maria Menssink verhuis begin 1718 na Holland waar sy met Daniel Lindenhovius, 'n predikant van Overijssel, getroud is. (Penn p15, 66-72)
Penn se hoofstuk is getitel: 'The Fatal Passion of Brewer Menssink'. Hy gee die volgende woorde van Willem: 'Weet jij nog het Caabse gebruijk niet, dat eens hier na 't oude Testament leeft'. Nigel Penn gee die bolgende kommentaar: 'There are two assumptions behind this revealing remark: firstly, that the Old Testament allowed patriarchal slave-owners the right to sleep with their slave women, and secondly, that at the Cape it was customary to exercise this right.' Penn behandel dan: Willem se slavinne. Sy skoonma se slavinne. Sy vrou se slavinne. Willem het met baie van hulle' n verhouding gehad.
Hier volg 'n insig oor 'n paar van die karakters in die storie:
Elisabeth:
Daar is vroeg in haar huwelik al 'n patroon van by Willem uittrek, by haar ouers intrek, weer by Willem intrek, ... Laat in 1707 doen sy aansoek om 'n egskeiding, maar die waarnemende Goewerneur Jean d'Abeling raai haar aan om te wag. Haar ma is in Februarie 1708 oorlede en sy erf haar ma se huis in Kaapstad waar sy dan aanbly. Sy dagvaar Willem op 23 Maart 1713 vir 'n egskeiding. (Eers nadat die Tryntjie se vonnis voltrek is.) Die finale egskeidingsbevel is 21 Junie 1714 uitgereik. Daarna verdwyn sy van die toneel af.
Tryntjie:
Sy word in 1696, as 8-jarige, aan die mond van die Maningaerrivier te Madagascar gekoop deur Andries Hummeltje, die 'surgeon' van die Hollandse slawe frigat De Soldaat. Sy is saam met 115 ander slawe verskeep na Tafelbaai waar sy vir 40 Riksdalers aan Mijndertsz Krijwagen verkoop is. Een aand in 1709, twee dae nadat sy deur Elisabeth Lingelbach gekoop is, staan sy buite Elisabeth se huis in Kaapstad waar sy moontlik vir Fredrick, 'n slaaf met wie sy 'n verhouding gehad het, gewag het. 'n Man nader haar. Fredrik? Nee, nee, nee. Willem.
Willem en Tryntjie:
En Willem het geen tyd gemors nie en haar direk genader (ge-proposition). Sy het sy aanbod van die hand gewys, en vir hom gesê dat sy Fredrik se minnares is - Willem is toe daar weg. Die volgende aand om nege-uur daag een van Willem se slawe by Tryntjie op en sy is stilletjies saam met hom daar weg na Willem se huis toe. Daar het hy haar belowe dat nóg Fredrik nóg Elisabeth sal uitvind en aan die einde van die aand is sy met vier 'dubbeltjies' en 'n glas koringbier beloon. 'For the next four years, Willem Menssink was bound by an emotion so powerful that he would eventually disgrace himself, ruin his fortunes, and cause the death of the woman he loved.' (Die woman is nou Tryntjie.) Ek beskryf nou hulle verhouding redelik volledig - daarsonder voel ek dat Willem se totale obsessie met Tryntjie nie tot sy reg sal kom nie. Aanvanklik het Willem een van sy slawe gestuur om vir Tryntjie te gaan haal, maar sy het later uit haar eie uit na sy huis gegaan. Dit het ongeveer twee maande aangehou voordat Elisabeth agterdogtig begin raak het en het toe vir Tryntjie verbied om die huis te verlaat. Toe Willem daarvan hoor, het hy self een aand na Elisabeth se huis toe gegaan en aan die venster van die 'groote camer', waar Tryntjie was, geklop - Elisabeth was in die 'voorhiujs'. Hy het vir haar gesê dat hy later die aand oor die muur sal spring. Dít het hy ongeveer elfuur die aand gedoen en hulle het in die binnehof 'carnal intercourse' ge-'enjoy' . Die binnehofontmoetings het vir 'n ruk plaasgevind voordat Willem voorgestel het dat hulle binnenshuis beweeg - Tryntjie het op hierdie stadium by Elisabeth in die kamer geslaap. (Nie 'n vreemde situasie vir hom nie - toe hy en Elisabeth nog saam gewoon het, het sy een aand wakker geword met Willem en slavin Susanna langs haar in die bed. Susanna het later geboorte gegee aan 'n babadogter, maar daar word nie gemeld of Willem die pa was nie.) Tryntjie moes nou 'n doek met een of ander witterige-gelerige stof aan die voetent van Elisabeth se bed plaas - dié stof het glo die effek gehad dat Elisabeth vas sou slaap en Willem het via sy slawe vir Tryntjie laat weet wanneer sy hom te wagte kon wees. So het Willem eenuur in die môre by 'n venster ingeklim wat Tryntjie vir hom oopgelos het en hy en Tryntjie het hulle ding op die voetenent van die bed gedoen terwyl Elisabeth rustig geslaap het. Dit het vir sowat 'n jaar aangehou - blykbaar nie altyd aan die voetent van die bed nie, maar die hele huis vol, want Elisabeth het op 'n stadium gekla dat Flora (nog een van Willem se voriges) en Tryntjie snags te veel lawaai maak. Tryntjie is toe uitgeskuif na 'n 'shed in the yard' waar die ontmoetings maar net voortgegaan het. So 'n ruk later is Tryntjie weer in die huis toegelaat en slaap nou in die voorhuis en Willem kuier nou weer daar by haar in die nanagure nadat Elisabeth al gaan slaap het. By ten minste twee geleenthede is Willem gedurende die dag in die huis ingesmokkel en het onder die bed in die 'groote camer' gelê totdat dit veilig was om uit te kom. Willem laat hom natuurlik nie afskrik nie. Ge-'attire' in sy 'Japanese robe and with a red scarf bound about his head', sit hy en twee van slawe met 'n leer tussen hulle af na Elisabeth se huis. Die slawe is aangesê om so teen twee-drieuur in die môre, leer en al, terug te keer. En dit is hier in die solder dat Tryntjie swanger geraak het en 'as her sins became apparent' het Elisabeth vir Tryntjie beveel om haar te help om vir Willem uit te vang. (Dit is nie die eerste keer dat Elizabeth vir Willem se slavin van die oomblik gevra het om dit te doen nie en sy het al by verskeie geleenthede, sonder enigeen se hulp, hom uitgevang.) Tryntjie laat natuurlik vir Willem weet en hy moedig haar aan om te ontsnap. Elisabeth het óf hiervan te hore gekom óf dit vermoed en laat vir Tryntjie vir 'n wyle in die publieke tronk opsluit. Sy neem haar dan terug op voorwaarde dat Tryntjie haar sal inlig as Willem weer kom kuier. Tryntjie is terug in solder, maar hierdie keer met 'n ketting aan haar lyf - geen verdere besonderhede oor die ketting nie. Twee weke later word Elisabeth wakker van die geluid van klingende kettings vanuit die solder en toe sy gaan ondersoek instel, is sy net betyds om 'n figuur deur die venster te sien klim wat met 'n leer na ondertoe klim. Penn, noem dat dit nie opgeteken is of Elisabeth hierna verdere stappe geneem het om Tryntjie vir Willem ontoeganklik te maak nie. Op hierdie punt begin Tryntjie in samewerking met Willem om vir Elisabeth te vergiftig. Baie vreemde situasie, hierdie vergiftiging, want daar word gepraat van bene, mensehare, kapok ('a cotton like substance') en vreemde pitte in haar kos en die dokter wat later 'n 'sinister substance in the excrement of the sickly Elisabeth' kry. Dit is nie aangeteken wanneer Tryntjie se seun gebore is nie en toe Willem vir die eerste keer se 'half-slag' seun sien, het vir Tryntjie vertel dat sy vir niemand moet sê wie se kind dit is nie. As geskenk gee hy vir haar vier sjielings en stuur die volgende dag vir haar 'n bottel bier. Dan begin Tryntjie om Elisabeth se besittings te beskadig en daar was nie veel in die huis oor wat ongeskonde was nie. Tryntjie begin nie alleen om die kind te verwaarloos deur hom kaal op die koue vloer te los vir die nag nie, sy begin ook om die kind te mishandel. Sy steek naalde in die kind se kop in, spelde in sy lyf en sny aan sy ore met 'n skêr. Ongeveer nege maande na die kind se geboorte en met Willem se hulp, onstnap Tryntjie sonder haar kind. Sy het gedurende die dag in 'n rotsskuiling aan die voet van Leeukop gebly en is die aand deur Willem se slawe na sy huis gelei waar Willem 'gratified his lust'. Vir tien weke lank beweeg sy soggens na die rotsskuiling en saans na Willem. Willem wou vir Tryntjie landuit stuur saam met 'n Engelsman, maar Tryntjie was nie hiervoor te vinde nie. Tryntjie gee haarself uiteindelik aan haar vorige eienaar Krijwagen oor en hy oorreed op sy beurt vir Elisabeth om haar terug te neem. Met die vergiftiging wat nie die nodige uitwerking het nie, begin Willem allerlei planne beraam om Elisabeth deur iemand te laat vermoor. Dit word nie gedoen nie, maar die vreemde goed wat in haar kos gesit word, het teen November 1712 'n uitwerking en sy is nie meer gesond nie. Nou begin Willem vir Tryntjie kapok stuur wat sy vir hul seun moet ingee. Volgens Tryntjie was die rede hiervoor dat die kind 'n 'half-slag' was en dat Elisabeth een of ander tyd vir die mense gaan vertel dat dit Willem se kind is en hy dan skaam gaan voel daaroor. Die hofrekords wys ook dat Tryntjie die kind gehaat het. Sy forseer die kapok in die kind se keel af met haar duime wat veroorsaak dat die kind se keel swel en hy nie kon kos inneem nie. Hy is twee dae later dood. Geen nadoodse ondersoek is op die kind gedoen nie, maar die dokter, Junniaar Bronssvinkel, wat vir Elisabeth ondersoek het en die 'sinister substance' gekry het, begin vir Tryntjie ondervra en sy kom met die hele storie na vore. Tryntjie is tussen 12 en 16 November 1712 gearresteer. Die hofsaak teen haar en drie slawe, twee van Willem en een van Elisabeth, begin 23 Februarie 1713 en vonnis word 2 Maart 1713 uitgespreek. Tryntjie is op 4 Maart 1713 in die publiek tereggestel. Sy was aan 'n paal vasgemaak en verwurg. Daarna is haar liggaam aan 'n gevurkte paal vasgemaak en aan die lug en voëls van die hemel blootgestel totdat dit gedisintegreer het.
Penn maak die opmerking dat dit 'one of the most remarkable features of the story' is dat Willem 'was never required to give evidence before the Court of Justice. Our recreation of the events is based larely on the interrogation of Tryntjie, Gerrit and Isaac (die twee leerdraende slawe) and on the testimony of Elisabeth Lingelbach.'
Willem na Tryntjie:
Vele gevolge na die hofsaak - Willem verklaar homself insolvent, sy eiendom is verkoop en sy besittings is op veiling verkoop, onder andere die brouery. Hy het darem voorsiening gemaak vir sy dogter deur vir die Weeskamer te versoek om 8,000 gulden namens haar te eis. Sy skoonsuster Sara Tas , weduwee van Claas Diepenauw, koop twee van sy plase, Hercules Pilaar en De Waarburg, en sy laat Willem toe om op Hercules Pilaar te bly en hy bly hier tot sy dood in Oktober 1721.
Bronne:
Victor de Kock Those in Bondage
GC de Wet, Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting
Nigel Penn, Rogues, Rebels en Runaways, David Philips Publishers (Pty) Ltd, 1999
Saamgestel deur:
AM van Rensburg
- Hits: 11786