JORDAAN Jean
Jean JOURDAN van Cabriere, was "n Franse Hugenoot, van Saint-Martin de la Brasque (let wel nie van Cabriere d"Aigues nie). Hy was gebore 1660 die kind van Pierre Jourdan en Jeanne Marthe. Hy het by die Kaap aangekom in 1688 op Berg China. Hy was die broer van Pierre en het later eienaar van Languedoc en Rhone in Groot Drakenstein vanaf 1708 (oorgedra deur sy stiefpa Jacques Mallan). Hy is oorlede in 1698. Hy was getroud in 1690 met Isabeau le LONG en het 3 seuns en een dogter gehad:
1. Pierre
2. Jan x 19 Maart 1724 Susanna Jourdan
3 . Paul ~ 25 Sep 1695 x Rachel Nel
4 . Louis ~ 15 Jul 1697, sterf 31 Mar 1762; burger Drakenstein, x 11 Apr 1728 Petronella van Staden xx 18 Okt 1739 Maria Guillaumet van Languedoc
5 . Johanna ~ 18 Jan 1699, gebore na sy dood, x Daniel Krynauw xx 31 Okt 1734 Andries Hesselbaart van Halle in Sakse
Jean is oorlede in 1698 en Isabeae in 1736. Daar was ook "n ander Jean Jourdan(1662-1689) aan die Kaap maar hy was ongetroud.
Pierre JOURDAN, gebore 1663, van Cabriere was "n Franse Hugenoot wat op 24 jarige ouderdom op die Berg China na SA gekom het in 1688. Hy was "n broer van Jean Jourdan. Hy was getroud in 1696 met Anna FOUCHE, wat in 1713 oorlede is. Pierre het hertrou in 1721 met Maria Verdeau, gebore 1700, d/v Hercule Verdeau. Pierre het gewoon op die plaas Cabriere (1694), Franschoek, en is oorlede op 28 Okt 1723 en het 6 kinders nagelaat, almal uit sy eerste huwelik:
1. Anna ~ 30 Des 1698 x Louis Fourie
2. Johanna x A de Nicker xx JD Hieber
3. Pierre ~ 6 Des 1700
4. Joseph ~ 30 Okt 1701 x Maria Magdalena le Roux, erf later die plaas Cabriere
5. Susanna ~ omtrent 1703 x Jan Jourdan
6. Marie ~ 23 Aug 1705 x 1 Feb 1722 Johannes Pretorius s/v Dirk xx David Sultania.
Pieter Joubert het sy slaaf Anthonij van Mosambiek na Pieter Jordaan gestuur om "n byl te kry. Hy het gehoor dat 14 jarige Anna Jordaan kos vir die slawe sou bring. Hy het haar voorgele, op 4 April 1712, met "n mes gedreig en twee maal verkrag.
Verwysings:
De Villiers/Pama
Heese/Lombard
Verwysingsmateriaal, Boksburg biblioteek
Verwysingsmateriaal, Springs LDS FHC biblioteek
HF Heese, Reg en Ongereg, p 99
Saamgestel deur:
Martina Louw (nee van Breda)
Kennethl@xtra.co.nz
Jean le Roux
- Hits: 16566