OPPERMANN Ludwig Carl Adolf
Die stamvader, Ludwig Carl Adolf OPPERMANN, verskyn in SAG, Vol 7, bls 196, met net een dogter. Volgens sy jongste dogter, Bertha, se herinneringe het hy by sy oom, 'n Duitse majoor wat hom ná die Krim oorlog (ca. 1858) aan die Kaapse Oosgrens gevestig het, aangesluit. Die oom is kort daarná oorlede en sy weduwee is terug na Duitsland. Ludwig het toe later verhuis na Lydenburg waar hy 'n winkelier geword het.Dit is onbekend of Ludwig se pa, Gottlieb Christoph Adolph OPPERMANN * circa 1810, moontlik verwant is aan Gottlieb Christian OPPERMAN * circa 1696, die stamvader van die groter Opperman-familie in Suid-Afrika.
Ludwig Carl Adolf OPPERMANN, winkelier Lydenburg, * 29.10.1839 Harburg Pruise, † 15.02.1905 Lydenburg, s.v.Gottlieb Christoph Adolf OPPERMANN en Johanna Magdalena SCHAUMANN
x 15.12.1857 Malta dist. Winterton Talitha Kumi GÜLDENPFENNIG, * 11.05.1857 Malta dist. Winterton, † 13.09.1904 Lydenburg, d.v. die Berlynse sendeling Friedrich Wilhelm Ludwig GÜLDENPFENNIG en Henrietta Wilhelmina RUDOLPH.
b1 Johanna Pauline Mathilde OPPERMANN, * 09.09.1877 Lydenburg, † 24.07.1927 Lydenburg.
x 29.07.1896 Pretoria Sybren Wybren HIEMSTRA, * 21.07.1867 Schalsum Friesland, † 06.02.1938 Pretoria.
b2 Hester Auguste Henriette OPPERMANN, * 23.12.1878 Lydenburg, † 11.11.1950, ongetroud.
b3 Rudolph Carl Adolph OPPERMANN, Fabrieksbestuurder Standard Oil Paulsboro VSA, * 08.04.1881 Lydenburg, † 12.10.1949 Paulsboro NJ VSA. Hy begin werk as leerlingklerk in die poskantoor op Lydenburg by sy oom Carl Schulze. Sluit aan by kommandos in ABO en word ná gevegte in Natal en Oos Transvaal deur Mapulaners gevange geneem naby Lydenburg. Hy sou as krygsgevangene na Indië gestuur word maar omdat hy koors opgedoen het, beland hy op Burtt's Island, Bermuda.
Ná die vredesluiting weier hy om die eed van getrouheid af te lê en gaan na die VSA met behulp van sy neef, Emil Opperman, wat daar woonagtig was. Nadat hy gesukkel het om 'n bestaan te maak het hy ook onsuksesvol probeer om na Suid Afrika terug te keer. Terug in die VSA tref die geluk om as voorman by die Standard Oil Company aangestel te word.
Toe hy verneem sy ma se gesondheid versleg, het hy na Suid Afrika vertrek maar eers ná haar dood Lydenburg bereik. Omdat hy nie onder Britse bewind wou lewe nie het hy weer na die VSA en sy vorige werk teruggekeer.
Hy het sy rug gebreek en ander beserings opgedoen in 'n brand by Standard Oil en sy suster Bertha het na die VSA gegaan om hom by te staan, ook met die boerdery wat hy probeer het.
Hy is intussen getroud met 'n Duitse dame, het sy pos by Standard Oil teruggekry en het in 1941 weens swak gesondheid afgetree.
x 12.12.1911 VSA Marie Elisabeth HEMPE, * 09.10.1877 Lauenburg Oos Pruise, † 1935 Paulsboro NJ VSA, d.v. Carl August HEMPE en Agnes STOLP.
b4 Bertha Victoria Aletta OPPERMANN, onderwyseres en goewernante, * 18.06.1882 Lydenburg, † 22.12.1966, ongetroud. Sy vertel in "Sarie Marais" van 13.09.1961 van haar kinderjare , o.a. van 'n besoek per ossewa aan haar ouma in Natal en 'n besoek van pres. Kruger aan Lydenburg.
Sy behaal 'n kwekelingsdiploma aan Eendracht skool in Pretoria en word onderwyseres in die Lydenburg omgewing. Sy vertrek in 1910 na die VSA om haar broer Rudolph by te staan ná 'n fabrieksongeluk waarin hy ernstig beseer is en woon ook sy huwelik by. Sy neem 'n kursus in verpleging aan die Roosevelt Hospitaal in New York en was goewernante by 'n welgestelde gesin voor haar terugkeer na Suid Afrika waar sy o.a. 'n losieshuis vir studente in Pretoria gehad het.
b5 Alfred Gustav Heinrich OPPERMANN, * 28.02.1884 Lydenburg, † 25.07.1956 Boksburg.
x 23.12.1912 Magdalena Johanna WINTERBACH, * 10.10.1888 Ceres, † 11.09.1958 Boksburg.
ERKENNING:: Aan Dora Opperman vir die bronne hieronder met * aangedui.
BRONNE:
Genealogiese Instituut van Suid-Afrika :,"Suid Afrikaanse Geslagsregisters", Vol 7, 2002.
Linda Zöllner & J A Heese: "Die Berlynse Sendelinge in Suid-Afrika en hul Nageslag",RGN 1984.
Alba Bouwer: "Uit die Wêreld van Gister : Mej Bertha Opperman", SARIE MARAIS, 13 September 1961.
*Rudolph Opperman: "Ek Verlang na Suid-Afrika", FLEUR, Februarie 1948.
Sterfkennisse TAB:
MHG 1190/57
MHG 6142/58
*Kieserslys 1984
Persoonlike mededelings van familielede
Saamgestel deur:
Ockert Malan.
- Hits: 11852