VAN DEN BERG Jacobus
Jacobus VAN DEN BERG (oorspronklik Van Bergen) is op 8 Februarie 1671 in Breskens, Zeeland gedoop. Hy trou op 8 Oktober 1700 met Jacomina CARTENIERS van Oudenaarde in Vlaandre en verwek sewe kinders, 2 seuns en 5 dogters by haar. Hy is die stamvader van die meerderheid draers van hierdie van in Suid-Afrika.
Hy het hy 'n verhouding met Alida CORNELIS, gedoop 15 Maart 1676 dogter van Cornelis Claasen en Catrijn van Malabar. Kind uit hierdie verhouding:
Miggel gedoop 13 November 1689.
Jacobus van den Berg was vermoor in die huis van Catharina Bombam en Robbert Jansz in 1714.
Volgens Heese, Reg en Ongereg, p 143
Jan Adam Peugel, 33, burger en skoenmaker, Corbach. Moord op
Jacobus van den Bergh. Voortvlugtende; lewenslank verban,
besittings gekonfiskeer. CJ 783, no 6 1.11.1714- 22.11.1714
CJ 783, no 9 11.7.1715 - 13.7.1715
Tweedens word Jacobus Johannes VAN DEN BERG gebore in Utrecht, Nederland op 15 Februarie 1745 genoem. Hy het as hoofchirurg op die skip De Jonge Samuel in 1775 in die Kaap aangekom. Die volgende jaar het hy met Elizabeth KAMP getrou. Sy was die dogter van Jacob Kamp en Elizabeth Arendse (Sy was 'n slaaf gewees). By haar het hy nege kinders verwek. Ná haar dood is hy in 1798 met Maria Verwey getroud by wie hy vyf kinders verwek het. Dit word ook genoem dat hy 'n welgestelde handelaar en uitvoerder was.
Lady Anne Barnard maak in 1798 in een van haar briewe melding van 'n jongmeisie, Catharina van den Berg, wat teen die sin van haar vader met 'n Engelse kaptein wou trou. Die Kaapse dames wou haar nie besoek nie - 'She had a dash of the Blew, her mother's mother having been a slave,' (Aangehaal in Celestine Pretorius, "Al
Laggende en Pratende" p 43. Die persoon was b3 Catharina Elizabeth van den Berg gedoop 11 November 1781, X Hamilton Ross. Hierdie 'dames' het dus verwys na Catharina Elizabeth se ouma Elizabeth Arendse wat 'n slaaf was, en daarom het hulle haar vermy en haar nie besoek nie.
Volgende kom Dirk Jans VAN DEN BERG van Bremen wat op 20 November 1729 met Anna HEYLON van Mauritius trou. Sy was die weduwee van Jacobus VAN LAAR. Hulle het twee kinders een seun en een dogter gehad.
Dan weet ons van Willem VAN DEN BERG van Wageningen wat op 31 Oktober 1784 met Sara WAGENAAR trou. Klaarblyklik het hulle slegs drie dogters gehad.
Daar is ook rekord van Matthys (Matthias) VAN DEN BERG van Munster wat op 4 Maart 1798 met Geertruida BRITZ getroud is. Hulle het vier seuns en een dogter gehad.
Navorsing te danke aan:
Bydrae te danke aan:
Sam van den Berg sam@vandenberg.co.za
Afrikaans Webblad: http://www.vandenberg.co.za/stamvaders.htm
English Web page: http://www.vandenberg.co.za/progenitors.htm
- Hits: 20334