HERTZOG Johann Barthold
HERTZOG Johann Barthold
Johann Barthold Hertzog is in April 1714 gebore en in die Andreas Kirche in Brunswyk Duitsland gedoop. Sy vader was Matthias Hertzog en sy moeder Ilse Katherine Waldhorn (weduwee van Kurt Käsemeyer). Hy tree in diens van die VOC en kom op 27 April 1734 aan boord van die ‘Beekvliet’ in die Kaap aan. Hy was ‘n wa-maker in diens van die VOC – toe as vryburger, maar keer later terug in die Kompanje se diens.
Beekvlietz (1724)
(ook Beeckvlietz)
Vertrek op 17 Jan 1734 van Texel na Batavia, Skipper Elias Hogervost.
Arriveer in Kaapstad 27 Apr 1734.
Johann kom in die skeepsregister van die Beekvliet voor as Jan Bartzolt HERWEIJ von Brunswyk zoldaat met vermaakt.
Hy trou met Anna Maria Roos op 30 Desember 1736, Kaapstad Neder Geref Kerk, sy name in die kerkregister was geskryf as Jan Bartel Hartzogt.
Kinders:
1. Johannes Mattheus ~ 13 Oktober 1737 Kaapstad Neder Geref Kerk wat as wamaker en handelaar ’n bestaan gemaak het.
x 7 May 1769 Swartland Neder Geref Kerk met Martha Hendrina van Aarde,~ 2 Feb 1749, Kaapstad Neder Geref Kerk, dogter van Johannes van Aarde en Susanna Backer. [2 kinders]
xx as wewenaar 22 Oktober 1775 Swartland Neder Geref Kerk met Susanna Verwey ~ 16 Jan 1757 Paarl Neder Geref Kerk, dogter van Dirk Verwey en Susanna Francina van Aarde. [5 kinders]
Johannes † 11 Mei 1812.
2. Johanna Catharina * 1 Maart 1739, x 23 November 1755 met Johann Heinrich Kruger.
3. Dorothea Elisabeth * 10 Julie 1740, x 20 Mei 1759 met Izak Nieuwoudt.
4. Anna Maria ≈ 27 Mei 1742.
5. Elsie Margaretha ≈ 17 November 1743, x Johannes Frederik van Koppen.
In 1743 dien Johann Barthold ‘n versoek in om na Batavia te gaan saam met sy seuntjie Johannes Mattheus van vyf jaar. As rede voer hy aan dat hy weens die skaarste aan hout nie sy beroep as wa-maker kan beoefen nie. Sy versoek word toegestaan, maar sy seuntjie moet hier bly, en so bly die Hertzog lyn in Suid Afrika voortbestaan. Hierna word sy spoor onseker: of hy het alleen op 31 Desember 1743 vertrek op 'de Ruyven' na Batavia of is hy oorlede soos aangeteken in sy seun Johannes Mattheus se familiebybel, daar staan in Johannes se handskrif “1743 is mijn Vader Johann Barthold in den Heeren ontslapen.” (Visagie, 1980:02).
Verwysings:
Heese, J.A. & Lombaard, R.T.J. 1992 Suid-Afrikaanse Geslagregisters. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.
Visagie J.C. 1980 Willem Fredrik Hertzog 1792-1847, in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis 37ste jaargang
Pretoria: Die Staatsdrukker 1-142
Internetskakels bygevoeg deur Annelie.
Foto van huwelik geneem in the Pretoria Argief deur Annelie.
- Hits: 203