HEYDEMAN Johann Dirk
Johann Dirk HEYDEMAN ook bekend as Heyneman / Hiddeman. Hy kom by die Kaap aan in 1733. Hy werk as "n smit 1734 tot 1736 en word "n burger in 1737. Hy trou 16 November 1738 met Aletta NOBEL van Amsterdam, sy was die weduwee van Jacobus van der Heyde.
Hulle het twee kinders gehad.
b1 Catharina Elizabeth gedoop 3 Okt 1739, X Ockert Heyns
b2 Margaretha Elizabeth gedoop 29 Jul 1742, X Michiel Heyns
Hy sterwe in 1743.
Bronne:
Heese en Lombard
Hoge Personalia of the Germans at the Cape
Saamgestel deur:
AM van Rensburg
- Hits: 10334